Hiermee wil ons jou hartlik uitnooi om deel te wees
VAN ONS HUWELIKSFEES.
03.04.2026
Verwelkomingskuier
04.04.2026
ONS TROUDAG
05.04.2026
Vaarwel ontbyt
Laat weet ons asseblief voor of op 01 February 2026 of jy ons troudag sal kan bywoon.
by
Beaurain
Heidelberg, Gauteng
Gaste arriveer om 13:30 | Seremonie begin om 14:00
WAAR ALLES BEGIN HET
Ons liefdesverhaal
Soms loop twee lewens lankal langs mekaar sonder om dit te weet. Ons was albei in Hoërskool Menlopark — dieselfde gange, dieselfde skool, maar ons paaie het nooit regtig gekruis nie. Twee stories wat parallel geloop het… tot die aand toe alles onverwags verander.
Oktober 2022, by The Club se nagmark in Pretoria, was ons albei daar — op presies die regte tyd, al het dit nie eers soos ’n “belangrike” aand gevoel nie. Mignon het saam met haar gesin gestap, Philip sou net vinnig iets gaan eet voor hy sy vriende ontmoet.
En toe, heel toevallig, gesels ons mekaar raak.
Onverwags lank, onverwags maklik. Daardie aand het ons nog verder uitgevind hoe klein die wêreld is, hoe naby ons stories al aan mekaar was sonder dat ons dit besef het, Philip bly al vir ‘n jaar saam met Mignon se nefie.
Na die mark bly ons gedagtes by mekaar en drie dae later kry Mignon die boodskap: ’n uitnodiging vir koffie.
ń Koffie date by Blos… maar ure later moes die kelner vir ons kom sê dat hulle nou sluit. Ons het té lekker gekuier. En omdat ons nog glad nie reg was om afskeid te neem nie, ry ons na Aroma toe om verder te gesels. Dit was ’n Sondag — rustig, sag, eenvoudig — maar vir ons was dit die begin van iets buitengewoon.
Van daardie dag af is ons onafskeidbaar.
En die res is die mooiste geskiedenis wat ons saam skryf — dag vir dag, hand aan hand.
KLEREDRAG
Ons wil hê jy moet op ons spesiale dag op jou allerbeste lyk. Slegs Formeel, elegant, netjies en geskik vir ’n vieringsgeleentheid.
MANS
Vrouens
Sien asb foto’s hieronder as riglyne om jou uitrusting te beplan
GESKENK WENK
Julle teenwoordigheid by ons spesiale dag is reeds meer as wat ons voor kan vra.
Indien jy graag ‘n bydrae wil maak tot ons nuwe lewensreis, sal ons dit baie waardeer.
Account Holder: Philip Blignaut van der Watt
Account Type: Savings Account
Discovery Bank
Branch Code: 679000
BIC/SWIFT: DISCZAJJXXX
Account Number: 19251488520
Verblyf opsies
Indien jy nie gebruik wil maak van die tentedorp op die venue nie, is hier ‘n lys wat deur Beaurain voorsien is vir dié wat solank wil book.
RSVP HIER
Hoop ons sien jou daar! Laat weet ons asseblief voor of op 01 Februarie 2026 of jy ons troudag sal bywoon.
Het julle vrae?
Kinders slegs per uitnodiging. Alhoewel ons baie lief is vir kinders, sal ons ongelukkig slegs volwassenes kan akkommodeer.
Metgesel slegs per formele uitnodiging.
Beaurain se beleid rondom eie drinkgoed saambring is baie streng – “onder geen omstandighede nie.” Daar is wel ‘n kontant kroeg by Poortjie Restaurant wat al jou benodighede sal verskaf Vrydagaand en Saterdagoggend.
Akkommodasie vir al die gaste op Beaurain
Indien jy van alternatiewe verblyf wil gebruik, sien opsies wat beaurain voorstel.
Nee, drank sal oor die verloop van die hele naweek beskikbaar wees vir alle gaste.
Philip & Mignon
04•04•2026